Gardier-Flat-Colour-Transparent
Call us

021 975 2264 / 0860 017 460

Email

info@gardier.co.za

Gardier Security Services helping dreams come true.

“Ek glo julle deel graag ook positiewe gemeenskapsnuus in tye soos hierdie en daarom wil ek graag n mooi storie met jul deel waarin een van die sekuriteitsmaatskappye (Gaurdier) wat in jul area werksaam is, deel het.  Ek is n trustee en studente mentor van n oorsese Trust, genaamd Wings Trust, wat jaarliks 3 jongmense in Drakenstein valleifinansiëel met hul studies bystaan om hul lewensdrome te help bewaarheid.  Wings Trust was die lewensdroom van n Nederlandse dame om unieke jong mense met visie en ruim harte se drome vlerke te gee.  Een van die drie 2020 kandidate is n seun van Huis Andrew Murray kinderhuis op Wellington wat vanjaar sportbestuur by Stellenbosch Universiteit studeer – met die droom om veral minderbevooregte kinders eendag as sportonderwyser af te rig.  Op kampus het hy gou besef dat hy gaan sukkel om betyds tussen sy praktiese en teoretiese klasse opMverskillende uithoeke van Stellenbosch te kom en het dringend n fiets benodig.  Adventure Cycles – plaaslike fietswinkel in Wellington – wat self tans in die swak ekonomie vasgevang is – het hul harte oopgemaak om ruim afslag op n fiets aan te bied, maar kon nie volle borgskap verskaf nie.  Na vele deure toegemaak het, het Gardier Security
Services (wat in Tygerberg area sekuriteits dienste bied) tot die redding gekom om die uitstaande bedrag van die fiets te borg en daarmee met n paar wiele vlerke aan n kinderhuiskind se drome te gee!

Dis nodig om maatskappye en besighede wat n ekstra myl loop in die gemeenskap erkenning te gee, so ek hoop julle kan n stukkie ruimte afstaan – al is dit net op jul FB om hierdie storie te vertel.”

Like this article?

Share on Facebook
Share on Twitter
Share on Linkdin
Share on Pinterest

Leave a comment